DOROTHEA-SENDING

DOROTHEA-SENDING, met sy duidelike evangeliese (Kyk by: Evangeliese spiritualiteit) sending*inslag, het in 1942 onder leiding van mnr Hans von Staden tot stand gekom. Hulle hoofkantoor is in Rosslyn ten noorde van Pretoria geleë. Hulle versprei ’n gratis nuusbrief getiteld Dorothea Nuus/News. Hulle het ’n perso­neel van 52 waarvan 18 in Suid-Afrika dien en 34 in ander lande in Suider-Afrika (2010). Hulle fokus veral op evangelisasie* en dissipelskap (Kyk by: Etiek van dissipelskap) en het ’n Bybelkollege, ’n radiobediening en ’n drukkery by die hoof­kantoor.

Sidebar