DOUMA, JOCHEM

DOUMA, JOCHEM (1931–) ontvang sy teologiese* opleiding in Kampen (Broeder­weg) en Amsterdam. Hy promoveer in 1966 te Kampen met ’n proefskrif getiteld: “Alge­mene genade: uiteenzetting, vergelijking en beoordeling van de opvatting van A Kuyper, K Schilder en J Calvyn over alge­mene genade”. Nadat hy in Rinsburg en Brunssum predikant was, word hy in 1970 hoogleraar in etiek* aan die Theologische Hogeschool in Kampen (Broederweg). Hier­na doseer hy ook mediese etiek aan die Vrije Universiteit* in Amsterdam. Hy is ver­al bekend vir sy publikasies in die etiek, waaronder die reekse Ethische Kommentaar (saam met WH Velema) en Ethische Bezinning. Hierin skryf hy onder meer oor verantwoordelike handelinge (die wese van die etiese), aborsie*, genadedood* en etiek in die Tien Gebooie*. Douma het ook ’n reeks etiese verkennings van die Ou-Testa­mentiese* boeke die lig laat sien. Douma handhaaf deurgaans ’n Bybels-gefundeerde standpunt in die etiese onderwerpe onder bespreking.

Sidebar