DRESSEL, LOUIS CHRISTIE

DRESSEL, LOUIS CHRISTIE (1941–) is by sy aftrede “een van die kerk se grootste dienaars” genoem. Hy het sy teologiese studie in 1965 aan die Universiteit van Pretoria voltooi, in 1980 ’n doktorsgraad in praktiese teologie behaal, en was die predikant van die NG gemeentes Greymont en Westonaria voordat hy die Wes-Transvaalse predi­kant in sinodale diens vir jeug en evangelisasie geword het. In 1981 word hy pre­di­kant in alge­me­ne sinodale diens vir jong belyden­de lidmate, later ook vir dooplidmate, opvoeding en onderwys. In hierdie hoedanighede was hy 23 jaar lank betrokke by talle kerklike publikasies, projekte en aksies en het hy ekumeniese netwerke gebou en in stand gehou. Dressel het gesorg vir die administratiewe onderbou wat die gladde verloop van kerklike projekte verseker het, maar het selde op die verhoog verskyn om die applous te ontvang.

Sidebar