DREYER, THEUNIS FREDERIK JACOBUS (THEUNS)

DREYER, THEUNIS FREDERIK JACOBUS (THEUNS) (1946–) het teologie* aan die Universiteit van Pretoria studeer en slaag sy BD en die eksamen van die DD-graad met lof. In 1974 verwerf hy DTheol aan die Rijksuni­ver­si­teit te Ut­recht, Neder­land. Hy bedien die Nederduitsch Hervormde ge­meentes Kru­gers­dorp-Noord, Noord-Rand, Voor­­­­trek­ker­hoog­te en Har­­­te­­bees­poort. In 1983 word hy professor en hoof van die de­par­te­ment Praktiese Teo­lo­gie (Afd A) aan die Univer­siteit van Preto­ria en in 2000 die hoof van die nuutgestigte Hervormde Teo­lo­giese Kollege van die Nederduitsch Her­vormde Kerk*. Hy dien in verskeie kerklike rade en sedert 1986 in die Kommissie van die Alge­mene Kerkvergadering. Hy was vir twee termyne die voorsitter van hierdie liggaam, en het ’n skarnierrol vervul met die afsluiting van ’n ou era en die begin van ’n nuwe in sy kerk. Hy is ’n gereelde medewerker in die Hervormde Teologiese Studies. In die ander kerklike publikasies lewer hy populêr-wetenskaplike bydraes oor alle terreine van die kerklike lewe. Hy skryf in die taal van die lidmate en dra by tot die vorming van hulle gedagtes en leefwyse. Beide sy kinders, Thomas en Anet, word predi­kante van die NH Kerk.

Sidebar