DRUSILLA

DRUSILLA was die jongste dogter van Herodes Agrippa I*2 en die suster van Herodes Agrippa II*3 en Bernice*. Sy was ’n Jodin* en was as kind reeds verloof. Hierdie verlowing is verbreek omdat haar verloofde nie ’n proseliet* wou word nie. Op sestienjarige leeftyd is sy deur die Romeinse goewerneur Feliks* afgerokkel van haar eerste man, koning Asisus van Emesa. Sy was Feliks se derde vrou. Drusilla het baie belang gestel in die leer van Christus*, gevolglik was Feliks goed op die hoogte daarmee (Hand 24:24).

 

Sidebar