DS PIETER VAN DRIMMELENME­DALJE VIR DIE BEVOR­DERING VAN DIE AFRIKAANSE TAAL EN KULTUUR OP DIE GEBIED VAN DIE GODSDIENS

DS PIETER VAN DRIMMELENME­DALJE VIR DIE BEVOR­DERING VAN DIE AFRIKAANSE TAAL EN KULTUUR OP DIE GEBIED VAN DIE GODSDIENS. Prof Govert Cornelis van Drimmelen en dr Pieter van Drimmelen het aan die Suid-Afrikaanse Aka­demie vir Wetenskap en Kuns vyf dui­send rand geskenk ter stigting van die Ds Pieter van Drimmelenfonds vir die bevor­dering van die Afrikaanse taal en kultuur op die gebied van die godsdiens. Vir bekroning word in aanmerking geneem Bybel­vertaling, teologiese handboeke in Afri­kaans wat spesifiek bedoel is vir gebruik deur universiteitstudente, gepubliseerde preekbundels, godsdiensonderwys en die skryf, vertaling, toonsetting en verbetering van Afrikaanse Psalms en Gesange. Vorige pryswenners: 1982 prof GG Cillié*; 1984 Die Bybelgenootskap* van Suid-Afrika; 1988 prof PA Verhoef*; 1990 dr AP van der Colf*; 1991 mnr Pieter van der Westhuizen; 1992 prof AB du Toit*; 1993 prof FE Deist*; 1994 prof JP Oberholzer*; 1998 prof JA du Rand*; 1999 prof JJJ van Rensburg; 2000 proff JG van der Watt* en SJ Joubert*; 2001 prof CJA Vos*; 2002 prof TT Cloete*; 2003 prof HF van Rooy; 2004 prof HJB Combrink*; 2005 prof GC Olivier; 2009 prof JP Oberholzer* (redakteur: Die Bybel vir Dowes) en dr FM Gaum* (hoofredakteur: Christelike Kernensiklopedie – CKE). 2015 prof HC van Zyl.

Sidebar