DU PLESSIS, HUGO

DU PLESSIS, HUGO (1902–1971) was die eerste voltydse sendeling* in die Gereformeerde Kerke* in Suid-Afrika. Vir 22 jaar het hy sen­dingwerk gedoen in die destydse Noord-Transvaal en het bygedra tot die stigting van die bekende hospitaal Siloam. Tientalle gemeentes was die vrug van die sen­dingwerk wat deur hom begin is. Hy het daarna na Johannesburg-Noord vertrek om sendingwerk in Soweto te doen.

Met die stigting van die Hammans­kraalse Skool vir die opleiding van swart predikante binne die Gereformeerde Kerke in 1956, het hy professor in sendingwetenskap* geword. Hy het hierdie wetenskap ontwikkel as ’n afsonderlike dissipline binne die gereformeerde* teologie*. Sedert 1959 doseer hy sendingwetenskap aan die Teologiese Skool te Pot­chefstroom tot met sy dood in 1971. Met sy studie het hy ook ’n kundige geword in die Afrika*-kulture en -godsdienste en kon hy die evangelie* binne hier­die kontekste oordra. Hy het krities gestaan teenoor die rassebeleid van die Nasionale Party-regering en dit het hom baie kritiek uit eie ge­ledere op die hals gehaal. Sy bekendste boek is ’n Banier vir die volke, waar­in hy ’n besondere lig laat val op die plek van die ko­ninkryk* van God in die ontwikkeling

van die volke­wêreld.

 

Sidebar