DU PLESSIS, JACOB VAN WYK (JA­PIE)

DU PLESSIS, JACOB VAN WYK (JA­PIE) (1932–) behaal sy matriek aan die Hoër Jongenskool in die Paarl waarna hy vir leraar aan die Sendinginstituut* op Wellington studeer. Hy is in 1961 gelegi­timeer en het daarna die gemeentes van die NG Sendingkerk* Oudshoorn-Noord, Kraai­fon­tein en Koringberg bedien. Op sy dag was hy ook ’n provinsiale rugbyskeids­reg­ter. In 1968 aanvaar hy ’n beroep na die NG Moedergemeente Keetmanshoop en in 1972 na Delareyville-Oos waar hy tot en met sy aftrede werksaam was.

In sy dienstyd was hy onder meer die aktuarius* van die sinode van Suidwes-Afrika (tans Namibië) , en in die Sinode van Wes-Tranvaal was hy skriba, assessor en moderator*. Hy was vir baie jare voorsitter van die NG Kerk* se algemene sinodale sen­dingkommissie en voorsitter van die sen­dingkommissie van Wes-Transvaal onder wie se vaandel Wêreldsending in 1980 beslag gekry het en onder meer in Sri Lanka belangrike werk gedoen het. Du Plessis het uitgemunt as sen­deling* wat “naby én ver” betrokke was by die sending*.

As voorsiter van die Christelike Lektuur­fonds* (CLF) het hy ’n sleutelrol gespeel in Bybel*- en lektuurverspreidingsprojekte oral in Afrika*, en hy het ook jare lank gedien as ’n direkteur van Radiokansel*.

Sidebar