DU PLESSIS, JUSTUS TELO

DU PLESSIS, JUSTUS TELO (1917–2001) is in die destydse Basoetoeland (vandag Lesotho) gebore. Sy ouers kom onder dr Andrew Murray* se bediening tot bekering. Hy is die middelste van nege broers. Sy oudste broer is David (Dawie) du Plessis*, wat later bekend sou word as “Mr Pentecost”. Hy trou met Annon Doyle. In 1939 word hy aange­stel as die eerste Apostoliese Geloofsen­ding*-sendeling* onder die Indiërs in Natal. Vanaf 1946 werk die egpaar in die AGS se Krugersdorpgemeente, waar hulle ’n litur­geese* eksperiment aanpak om ’n meer in­ge­toë erediens te skep. In die nuwe kerkgebou, wat in 1958 ingewy word, is ’n toring, kansel en orrel, nes in die kerkgeboue van die drie Afrikaanse susterskerke. Weldra veroorsaak Du Plessis se “Nuwe orde”-ere­diens spanning in die AGS, wat mettertyd bydra tot die Pinkster-Protestantse Kerk*-skeuring in 1958. ’n Groep gemeentes skeur weg omdat die AGS volgens hulle te “NG Kerk-agtig” geraak het. Hy word in 1970 verkies as hoofsekretaris van die kerk en dien in daardie hoedanigheid tot met sy emeritaat in 1982. Hy inisieer ’n studiele­ningsfonds en pensioenfonds vir pastore. Hierna dien hy as voorsitter van die Kato­lieke Kerk*-Pinksterdialoog, in die plek van sy broer David.

Sidebar