DÜRER, ALBRECHT

DÜRER, ALBRECHT (1471–1528) het by Wolgemut leer skilder en wyd in Europa gereis om van skilders te leer. Hy het veral onder die indruk van die Nederlandse meesters gekom. Terug in Neurenberg, sy geboortestad, het hy ’n groot aantal werke geskep – ongeveer 40 panele en portrette, naas baie grafiese werke. Dürer was ’n uitstekende portretskilder met skerp psigologiese karakterisering – onder meer Me­lanch­ton (1526), Erasmus (1526) en talle selfportrette. Tot sy meesterwerke behoort Die aanbidding deur die wyses (1504), sy altaarstukke soos Rosekrans-altaar (1506) en sy laaste groot werk, Die vier evangeliste (1526). Van 1509 tot 1521 het Dürer hom veral op die graveerkuns toegelê, onder meer Die Ridder en die Dood, en het hy baie houtsneewerk geskep, soos Die Apoka­lips. Hy het begrip gehad vir die kragte wat in die Reformasie* werksaam was, en was bevriend met Melanchton*. Vir Luther* het hy gesien as die vernuwer van die kerk, hoewel Dürer nie self met die Katolieke Kerk* gebreek het nie.

Vir verdere lees: “Dürer” in: FW Gros­heide en GP van Itterzon (reds), Christelijke Encyclopedie, Deel 2. Kampen: JH Kok.

 

Sidebar