EBAL EN GERISIM

EBAL EN GERISIM* is twee berge in die sentrale gedeelte van Palestina*, noord en suid van Sigem*1. Ebal is 940 meter bo seevlak. Die twee berge was die plek waar die verbondshernuwingseremonie plaasgevind het nadat die volk die beloofde land ingetrek het. Tydens die seremonie moes die wet op klip geskryf word, ’n altaar* gebou word vir offerandes en die verbondseën en -vloeke deur die volk uitgespreek word (vgl Deut 27).                 

Sidebar