EBED-MELEG

EBED-MELEG beteken “dienskneg van (die) koning”. Hy was ’n Etiopiese eunug (eunug: “ontmande persoon, gewoonlik as vroue-oppasser in ’n Oosterse harem”, HAT, 2005) wat bekend was in die paleis van ko­ning Sedekia*. Hy was goed bekend met die werksaamhede in die paleis, die politieke en buitelandse beleid, die intriges en onreg teenoor Jeremia*. Hy het die profeet Jere­mia uit die modderige put van Malkija ge­help en hom laat bly in die binneplaas van die paleiswag (Jer 38:7-13; 39:15-18).

 

Sidebar