EBELING, GERHARD

EBELING, GERHARD (1912–2001), is al as een van die invloedrykste Protestantse* teoloë van die 20ste eeu beskryf. Ebeling, ’n Lutheraan*, het die Christelike godsdiens hoofsaaklik uit ’n historiese perspektief verstaan. Hy het hom veral besig gehou met die verband tussen Bybel* en geloof*. Taal en metode is belangrike instrumente in sy teologiese raamwerk. Hy word met reg b­e­skou as voorloper in die ontwikkeling van ’n nuwe teologiese hermeneutiek*. Hy het baie aandag bestee aan die teologie* van Martin Luther*. Ebeling het die Nazi*-ideologie ten sterkste beveg. Daar­om staan die kerkstryd (“Kirchen­kampf”) ook sentraal in sy denke. Hy is ook daarvoor bekend dat hy saam met 250 ander Duitse teoloë ’n rol gespeel het in die formulering van ’n standpunt oor die leerstuk van regverdig­ma­king* wat mede-onderteken is deur die Lutherse* en Katolieke* kerke.

Vir verdere lees: G Ebeling 1979. Dog­ma­tik des Christlichen Glaubens. Tübingen: Mohr Siebeck.

Sidebar