EDOM

EDOM. Die nageslag van Jakob* se broer Esau* word die Edomiete genoem (Gen 36:9). Sommige kere word hulle gewoon “Edom” genoem (Gen 25:30; 36:1, 8, 43). Esau/Seïr is die voorvader van die Edomiete op dieselfde manier as wat Jakob/Israel die naamgewer is van die Israeliete*. Die kinders van Esau het klaarblyklik die Horiete uit­gedryf uit die land Seïr (Deut 2:23). Die land Edom was suid van die Dooie See geleë. Volgens Gen 36:31-39 het daar al konings oor Edom regeer nog voordat daar konings oor Israel regeer het. Hulle ekono­mie was gebaseer op landbou en handel.

 

Sidebar