EERLIKHEID

EERLIKHEID dui op respek vir die waar­heid*. Waarheid beteken dat die leuen, be­drog en korrupsie teengestaan word (Kyk by: Misdaad). Eerlikheid dui egter ook op waaragtigheid. Waaragtigheid beteken dat mense eg, opreg en betroubaar is, dat hulle met integriteit*, karakter en konsekwent­heid leef. Eerlikheid beteken dus dat mense betroubaar is, dat ons getrou aan mekaar is, en dat ons in die wêreld van soveel agterdog en wantroue die risiko van vertrou te word, kan loop. Waar eerlikheid, waarheid en waaragtigheid ontbreek, ly verhoudings skipbreuk. Dit geld vir verhoudings op die mees intieme vlak soos die huwelik*, maar ook vir verhoudings op internasionale vlak.

 

Sidebar