EERSTELING

EERSTELING is ’n term ontleen aan die landbou en rituele kultus van die Ou Testament*, waar die eerstelinge van die oes funksioneer as aankondiging van die oes en as verteenwoordigend daarvan aan God gewy is (bv Eks 23:16). Waar die term in die Ou Testament één keer simbolies funksioneer (Jer 2:3), word dit in die Nuwe Testament* uitsluitlik metafories (simbolies) gebruik. Daarom word die teenwoordigheid van die Heilige Gees* as die eersteling van God (Rom 8:23), en gelowiges* as die eerstelinge van die volk van God (Jak 1:18; Op 14:4) aangedui. Veral belangrik is dat Christus* twee keer die eersteling of “eerste vrug(te)” wat uit die dood* opgewek is, genoem word (1 Kor 15:20-23), waardeur die elemente van aankondiging en opvolging gekombineer word.

Sidebar