EFFATA

EFFATA is ’n Griekse woord en beteken “gaan oop” (Mark 7:34). Die Effataskool vir blinde en dowe leerlinge is in Januarie 1958 op inisiatief van die NG Kerk* se sending by Umtata (tans Mthatha) in die destydse Transkei geopen. Onder leiding van ’n aantal bekwame hoofde – onder andere Olive Morrison, PP Peach en H Mocke – het die skool groot werk verrig. In 1966 is die Ef­fata-welsynsvereniging gestig om nasorg­werk vir blinde en dowe oud-studente moont­lik te maak. Van die begin af is die geestelike versorging van die leerlinge met erns bejeën. In 1969 kon die eerste dowe lidmate van die Effata-skool reeds belydenis* van geloof* aflê.

Vir verdere lees: Dionne Crafford 1982. Aan God die dank, deel 1. Pretoria: NGKB.

 

Sidebar