EFOD

EFOD was ’n kledingstuk soortgelyk aan ’n voorskoot wat deur die hoëpriesters* gedra is. Die meeste inligting hieroor vind ons by Aäron* se kleed (Eks 28 en 39). Hierdie kledingstuk was met edelstene versier, en het die status van die priester* be­klemtoon. ’n Borsstuk* was aan die efod vas, en die Urim* en Tummim* (waarmee die leiding van die Here* dikwels gesoek is) is daarin gedra.

Sidebar