EGLON

EGLON is die naam van ’n koning en van ’n plek:

  1. ‑Hy was die koning van die Moabiete* wat volgens Rig 3 die Israeliete* vir 18 jaar onderdruk het. Eglon, wie se naam moontlik “kalfie” beteken, word beskryf as ’n vet man wat dui op die voorspoed wat hy geniet het ten koste van die Israeliete. Eglon word op slinkse en grusame manier deur die rigter Ehud* verslaan. Nadat Ehud toegang tot die koning verkry het, steek hy ’n dolk diep in Eglon se maag, en ontsnap dan deur die koning se “toilet”.
  2. ‑Dit is die tuiste van een van die Amo­ritiese konings wat ’n koalisie met Jeru­­salem teen die Gibeoniete gesluit het (Jos 10:1-27).
Sidebar