EKRON

EKRON was een van die hoofstede van die Filistynse* pentapolis*, die gebied van die vyf Filistynse regeerders. Dit word eerste in die Bybel* genoem as deel van die “land wat nog oorbly” en nog deur die Israeliete* verower moes word (Jos 13:2-3). Ekron was ook die gebied wat die noordelike grens van die gebied van Juda* aangedui het (Jos 15:11).

Sidebar