EKUMENIESE KONSILIES

EKUMENIESE KONSILIES. Daar was sewe ekumeniese* konsilies waar die Oos­terse (Grieks-Ortodokse Kerk*) en Westerse (Katolieke Kerk*) kerke saam verteen­woordig was voor die groot kerkskeuring tussen oos en wes in 1054, naamlik Nisea I (325), Konstantinopel I (381), Efese (431), Chalcedon (451), Konstantinopel II (553), Konstantinopel III (680) en Nisea II (787). By dié konsilies is beraadslaag oor wesenlike sake in verband met die Christelike geloof. Hoewel die Geloofsbelydenis van Nicea* na die konsilie van Nicea vernoem is, is dit nie letterlik die belydenis wat op die konsilie opgestel is nie. Dit het ná 362 ontstaan en is uitgebrei op die ekumeniese konsilie te Konstantinopel (381), terwyl nog later “en die Seun” (by die uitgaan van die Heilige Gees) daaraan toegevoeg is. Dit word daarom ook die “Niceno-Constantinopolitanum” genoem.

 

Sidebar