ELEASAR/ELIËSER

ELEASAR/ELIËSER. Elf persone in die Bybel* het die naam Eleasar (of Eliëser, wat dikwels as wisselvorm gebruik word). Die naam beteken “God is my hulp/krag”. Die bekendste drie is die volgende:

  1. ‑In Gen 15:2-3 lees ons dat Abraham* ’n slaaf* met hierdie naam gehad het. Abraham het vir God gesê dat hy Eliëser sy erfgenaam gaan maak, aangesien hyself nie ’n nageslag het nie. Eliëser word ook soms Damaskus* genoem omdat hy die stigter van dié Aramese* stad was. Hy het ook ’n belangrike rol gespeel in die keuse van Rebekka* as vrou vir Isak* (Gen 24).
  2. –Aäron* se derde seun, Eleasar (Eks 6:23), was volgens Eks 20:25-28 die erfgenaam van sy pa se priester*skap. Die Sado­kitiese* priesters het hulle verwantskap met Aäron deur die geslagslyn van Elea­sar ontvang (vgl Esra 7:1-5; 1 Kron 6:3-15, 50-53; 24:3).
  3. ‑Die seun van Abinadab in wie se sorg die ark* in Kirjat-Jearim* was voordat Da­wid* dit na Jerusalem* laat bring het (1 Sam 7:1).
Sidebar