ELIHU

ELIHU is ’n literêre karakter in die boek Job*. Hy tel nie onder die drie vriende wat aan die begin en einde van die boek genoem word nie. Verklaarders beskou sy redevoering (Job 32–37) as ’n later byvoe­ging tot die boek. Hy probeer die dooiepunt in die gesprek opklaar en redeneer dat God nie net weens sonde* straf nie, maar ook om mense te waarsku om nie te sondig nie (Job 33:14-18).

Sidebar