ELISABET

 

ELISABET beteken letterlik “God is eed”. Sy was die dogter van ’n Aäronitiese pries­ter* (Luk 1:5). Sy en haar man, Sagaria*, was vroom mense. Toe sy op hoë ouderdom vir die eerste keer swanger word, er­ken sy God se hand daarin. Met die besoek van haar bloedverwant, Maria*, Jesus* se ma, beweeg haar kind, Johannes die Do­per, in haar moederskoot. Daarna ver­kondig Elisabet, vervul van die Heilige Gees*, dat Maria die ma van die Here* sou wees (Luk 1:5-56). Albei vroue besef dat hulle met hulle kinders deel van God se heilsplan is. Daarom weier Elisabet om haar seun ’n familienaam te gee (Luk 1:60). Johannes was reeds voor sy geboorte aan God gewy (Luk 1:15).        

Sidebar