ELOFF, SAREL JOHANNES

ELOFF, SAREL JOHANNES (1919–2005) was ’n predikant van die NG Kerk* in die mees gereformeerde* sin van die woord. Sy bediening het gewentel rondom besondere Skrifprediking, deeglike kategese*, getroue pastorale werk en ’n innige gebedslewe, terwyl sy sterk en soms onbuigsame leiding in die wyer kerkverband gedra is deur prinsipiële uitgangspunte, belyn vanuit die Skrif*, die belydenisskrifte* en die Calvinistiese* tradisie.

Hy is in Bultfontein gebore en voltooi sy skooljare op Christiana. Hy studeer aan die universiteite van Potchefstroom, Pretoria en Stellenbosch. Ná sy legitimasie* aan die Teolo­giese Kweekskool* op Stellenbosch, bedien hy etlike gemeentes en word in 1974 predikant in algemene sinodale diens vir opvoeding en onderwys. Hy dien by geleentheid as skriba en later as moderator* van die Sinode van Wes-Transvaal en as lid van die breë moderatuur van die Algemene Sinode. Terwyl hy sterk Chris­telik-nasionale standpunte gehuldig het en afsonderlike ontwikkeling (apartheid*) bv in kerk* en staat* gesteun het, was sy benadering mettertyd milder.

Vir verdere lees: GA van der Merwe 2005. “Dr Sarel Johannes Eloff” in: Jaarboek van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 2006, Wellington: Tydskriftemaatskappy.

 

Sidebar