EMANASIE

EMANASIE verwys na ’n soort Godsbe­skouing en skeppingsbeginsel waar op belangrike maniere afgewyk word van die monoteïsme* en die skeppingsleer van die Bybel*. Volgens die Bybel bring God die wêreld deur sy skeppingswoord tot stand. Volgens aanhangers van die idee van emanasie – veral in die Gnostiek* aan die begin van ons jaartelling – kom die skepping eerder tot stand as gevolg van die “uitvloeiing” (van die Latyn e-manare, om uit te vloei) van laer vorms van bestaan uit hoëre vorms van bestaan. Die skeppings­proses geskied dus deur ’n aantal stadiums. Die Absolute werklikheid produseer b­v die geestelike werklikheid (God), wat op sy beurt die psigiese werklikheid produseer, van waaruit die fisiese werklikheid ontstaan. Die een “vloei oor” in die volgende. Dié standpunt staan lynreg teenoor meer moderne beskouings wat aanvoer dat geestelike belewenisse (soos in bewussyn) die produk (en dus ’n epifenomeen) van konfigurasies van die materiële werklikheid (bv die brein) is.

Vir verdere lees: http://en.wikipedia.org/ wiki/Emanation

Sidebar