EN-GEDI

EN-GEDI beteken “fontein van die bok(kie)” (1 Sam 24:1, 2). En-Gedi is geleë teen die westekant van die Dooie See, op die rand van die wildernis van Judea*. Dit is ’n ruwe gebied met baie rotse en grotte en ook ’n hoë waterval wat ’n groot poel water voed. Die beskikbaarheid van soveel water in die woestyn, en die ibeks-bok wat daar voorkom, gee aan die plek sy naam en betekenis. Die wingerde by En-Gedi was bekend in Salomo* se tyd. En-Gedi het oorspronklik bekend gestaan as Hazezon-tamar, ’n stad van die Amoriete*.

Sidebar