ENSIKLIEK

ENSIKLIEK (literae encyclicae – rond­gaande brief) was die naam wat in die Vroeë Kerk* gegee is aan enige brief wat deur ’n biskop* aan ’n bepaalde gebied ge­stuur is. Deesdae word dit net gebruik vir ’n brief van die pous* aan die biskoppe* van die Katolieke Kerk*. Gewoonlik handel so ’n brief oor sake in verband met die Christelike geloof of morele gedrag. Dit kan ook oor kerk*/staat*-verhoudings gaan. Ensi­klieke word gerig aan die hele Christelike bevolking alhoewel dit aan die biskoppe van die Katolieke Kerk gestuur word. Van lidmate van die Katolieke Kerk word respek vir en gehoorsaamheid aan die inhoud van ’n ensikliek verwag. ’n Pouslike bul verskil van ’n ensikliek deurdat dit net vir ’n beperkte aantal ontvangers of doel geskryf word.

Sidebar