EPAFRODITOS

EPAFRODITOS (moontlik ’n langer vorm van Epafras*) was ’n gelowige* van Filippi (Kyk by: Filippense) wat deur hulle gestuur is om Paulus* by te staan tydens sy gevangenskap wat óf in Efese* (56–57 nC) óf in Rome* (61–63 nC) was. Die konstante interaksie tussen Paulus en die Filippense* suggereer Efese (nader as Rome) as meer waarskynlik. Epafroditos se bystand aan Paulus het eersgenoemde se gesondheid in so ’n mate benadeel dat dit sy lewe in gevaar gestel het (Fil 2:27, 30).

Sidebar