ER

ER is die naam van drie persone in die Bybel.

  1. ‑Hy was die eersgebore seun van Juda*1 en ’n Kanaänitiese vrou genaamd Bat-Sua*. Jahwe* het hom laat sterf sonder om ’n seun na te laat (Gen 38), omdat hy ’n slegte man was.
  2. ‑Hy was die seun van Sela*4, die seun van Juda*1 (1 Kron 4:21).
  3. ‑Die pa van Elmadam en die seun van Josua* in Lukas* se genealogie (Luk 3:28).

 

Sidebar