ESAU

ESAU was ’n seun van Isak* en Rebekka*, die ouer tweelingbroer van Jakob* (Gen 25:24-26; 27:1, 32, 42). Esau se naam beteken “harig/rooi”, omdat hy so harig en rooierig van voorkoms was by geboorte (Gen 25:25). Die geboorteverhaal van Esau vermeld dat die tweede kind, Jakob, aan die eersgebore Esau se hakskeen vasgehou het. Esau was ’n jagter. Hy het sy eersgeboortereg vir ’n pot lensiesop verkoop. Die Edomiete* het daarop aanspraak gemaak dat Esau hulle voorvader is.

Sidebar