ETOS

ETOS verwys na die morele visie en beginsels, die morele gewoontes en deugde, asook die morele keuses en handelinge van ’n gemeenskap. (Kyk by: Moraal). Etos het te maak met die breë waardes* wat ons aanhang, die soort mense wat ons is, en die soort gedrag wat ons beoefen. Etos roep die gedagte op van ’n ruimte waarbinne goeie samelewings gebou word, goeie mense gevorm word, en goeie keuses en handelinge blom. Die Christelike etos word gevorm deur die geloof* in die drie-enige God – in die Vader* wat mense na sy beeld skep en aan ons die vermoë van kreatiwiteit, redelikheid, vryheid en verantwoordelikheid gee, in die Seun* wat ons deur sy voorbeeld, kruis* en opstanding* versoen met God, medemense en die res van die skepping*, en deur die Gees* wat ons nuwe mense maak met moreel goeie visies en beginsels, mense wat goeie waardes in die vorm van deugde beliggaam, die goeie kan onderskei van die kwade en goeie keuses maak en toepas.

 

Sidebar