EUCHARISTIE

EUCHARISTIE. Dié woord is ontleen aan die Griekse* woord vir dankbetuiging of danksegging, en verwys na Jesus* se handeling by die laaste aandete* (1 Kor 11:24; Luk 22:19). Van die eerste eeu af het Christene eucharistie gebruik om te verwys na die erediens waarin hulle herhaal wat Jesus by daardie geleentheid gedoen het. Onder Katolieke*, byvoorbeeld, word “eucharistie” en “mis”* wisselterme daarvoor. Met verloop van tyd is die woord ook gebruik om na twee onderdele van die geheel te verwys. Die lang gebed by die Katolieke en Ortodokse* eredienste waarin herhaal word wat Jesus by die laaste avondmaal gedoen het, heet die “eucharistiese gebed”. Verder noem hulle ook die brood en wyn wat, soos hulle dit sien, blywend Christus* se liggaam en bloed geword het, selfs waar dit ná die diens bewaar word, die eucharistie. Vir Katolieke en Ortodokse is die eucharistie die middelpunt van hulle Christelike geloofsbelewenis.

Vir verdere lees: K Rahner 1975. “Eucha­rist” in: Encyclopedia of Theology. Londen: Burns and Oates.

Sidebar