EUNUG

EUNUG. In die Ooste was die oppassers en werkers in die harem (vrouehuis) dikwels ontmandes. Dieselfde geld vir die ampte­na­re van (vroue-)regeerders (bv Hand 8:26-40). Dieselfde Hebreeuse* woord wat in Jes 56:3-4 gebruik word, kom ook op ander plekke in die Ou Testament* voor (bv by ander volke Gen 37:36; 39:1; 40:2, 7; 2 Kon 20:18; Jes 39:7; Ester 1:10, 12, 15; 2:3, 14; 4:4; 6:2; 7:9; en ook in Israel*: 1 Sam 8: 15; 1 Kon 22:9; 2 Kon. 8:6; 9:32; 23:11; 24:12; 25:19), sonder dat ons in al hierdie gevalle aan werklik ontmandes hoef te dink. Dit is moontlik dat dit mettertyd die gewone naam vir ’n paleisamptenaar ge­word het. Aan die ander kant sê die feit dat Potifar* getroud was, nie veel nie, omdat daar inderdaad getroude eunugs was. In Deut 23:1 word die ontmandes verbied om lid van die gemeente* van die Here* te wees. In Jes. 56:3-4 word die heil* van die Here egter ook aan hulle belowe.

Sidebar