EVANGELICAL LUTHERAN CHURCH IN SOUTHERN AFRICA (CAPE). ELCSA (Cape)

EVANGELICAL LUTHERAN CHURCH IN SOUTHERN AFRICA (CAPE). ELCSA (Cape), wat heelwat bande met die Morawiese* Kerk in Suid-Afrika het (met sy ongeveer 48 000 lidmate in sy wesstreek en 40 000 lidmate in sy oosstreek), het aanvanklik ’n redelik selfstandige pad geloop, maar tog uiteindelik onderhandel om by die hoofstroom van Evangelies-Lutherse Kerke in Suidelike Afrika (ELCSA) in te skakel. Verder was hulle ook betrokke in onderhandelingsprosesse tot groter eenheid met die ELCSA van Natal en Transvaal. Hulle hoofkantoor is in Kaapstad en hulle het ongeveer 6 000 lidmate (2010). (Kyk ook: Lutherse Kerk*, en ook: Luthera­nisme*.)

Sidebar