EVANGELICAL LUTHERAN CHURCH IN SOUTHERN AFRICA (ELCSA)

EVANGELICAL LUTHERAN CHURCH IN SOUTHERN AFRICA (ELCSA) is die omvattende term vir die Evangelies-Lutherse kerke in Suidelike Afrika. In Natal het die Zoeloe-, Xhosa- en Swazi-groeperings saamgesmelt om die sogenaamde Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (ELCSA) (suidoostelike streek) tot stand te bring. Die vier Duits­sprekende kerke, naamlik ELCSA (Her­manns­burg), ELCSA (Transvaal), ELCSA (Kaap) en die German Evangelical Lutheran Church (GELC) in Namibië, het in 1965 die United Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (UELCSA) gevorm. In 1966 het die Federation of Evangelical Lutheran Churches in Southern Africa (FELCSA) tot stand gekom wat ’n sambreelorganisasie van dertien onafhanklike Lutherse kerke uitgemaak het. In 1985 en 1986 onderskeidelik het die Evangelies-Lutherse Kerke van Botswana en Malawi ook by FELCSA aangesluit. Opleiding van hulle predikante vind plaas in Mapumulo en Marang vir ELCSA, in Heideveld vir die Morawiese* Kerk, en in Pietermaritzburg vir UELCSA. ELCSA se hoofkantoor is in Bonaeropark vlakby Kemptonpark, en die breë groepe­ring van kerke het ongeveer 1 600 verskillende gemeentes, 500 predikante en evangeliste, en 1,3 miljoen lidmate. (Kyk ook: Lutherse Kerk en: Freie Evangelisch Lutherische Kirche, en ook: Luthera­nisme.)

Sidebar