EVANGELICAL LUTHERAN CHURCH IN SOUTHERN AFRICA (NATAL-TRANSVAAL)

EVANGELICAL LUTHERAN CHURCH IN SOUTHERN AFRICA (NATAL-TRANSVAAL). Hierdie Lutherse kerklike groepering is in 1981 gevorm toe die Evangelical Lutheran Church of Southern Africa (ELCSA) (Hermannsburg) en dieselfde kerk van Transvaal saamgekom het om ELCSA (Natal-Transvaal) te vorm. Hierdie kerk is hoofsaaklik Duitssprekend en het ongeveer 12 000 lidmate (2010). Hulle hoofkantoor is in Bonaeropark geleë. Intussen was hulle ook betrokke in onderhandelingsprosesse tot groter eenheid met ELCSA in die Kaap en met die Morawiese* Kerk in Suid-Afrika. Hulle bediening fokus sterk op maatskaplike aksies, uitreikprogramme, skoolonderrig, bejaardesorg en teologiese opleiding. (Kyk ook: Lutherse Kerk en Luthera­nisme.)

Sidebar