EVANGELICAL PRESBYTERIAN CHURCH IN SOUTH AFRICA

EVANGELICAL PRESBYTERIAN CHURCH IN SOUTH AFRICA hoort in breë trekke tot die presbiteriaanse* groep van kerke, maar hulle ontstaansgeskiedenis het grootliks langs ’n ander weg plaasgevind. Die Swiss Reformed Church het ’n sending*poging onder die Sjangaans van Oos-Transvaal en Mosambiek van stapel gestuur. Die kerk wat uit hierdie sendingaksie tot stand gekom het, het voorheen be­kend gestaan as die Tsonga-Presbiteriaanse Kerk en eers redelik onlangs het dit die Evangelical Presbyterian Church geword. Hulle hoofkantoor is in Braamfontein in Johannesburg. Hulle het ongeveer 30 000 lidmate (2010).

 

Sidebar