EVANGELIES-GEREFORMEERDE KERK VAN SUID-AFRIKA

EVANGELIES-GEREFORMEERDE KERK VAN SUID-AFRIKA (sedert 1986 onder hierdie naam bekend) was voorheen bekend as die Nuwe Protestantse Kerk. Hierdie kerk het gedurende die 1940’s van die NG Kerk* afgesplits. Die oorsake daarvoor kan grootliks in die verskil van mening oor die evangeliese of vroomheids­oriëntasie van die NG Kerk in daardie sta­dium gesoek word. Die persoon wat leiding in die stigting van hierdie kerk geneem het, dr DJJ de Vos*, was erg bekommerd oor, soos hy dit gesien het, die geestelike doodsheid in die NG Kerk. Op 21 April 1944 het De Vos en ’n aantal kerkraads­lede ’n kerkraadsvergadering van die NG Kerk Durban verlaat en in die kerkgebou van die NG Kerk Durban die nuwe kerk gestig. Ds H Prinsloo het vir baie jare as moderator* gedien. Hulle het ongeveer 12 000 lidmate (2010).

Sidebar