EVANGELISASIE

EVANGELISASIE is die bediening van die goeie nuus oor Jesus Christus*, die Here*. Hy is die goeie nuus en bring self die goeie nuus van die koninkryk van God* (Luk 10:1). Lank was evangelisa­sie deur sommige alte eensydig verstaan as gerig op die lewe ná die dood. Dit is eers sedert die vroeë 1980’s dat die dimensie van die koninkryk in al sy fasette in hierdie verband pertinent begin funksioneer het.

Die goeie nuus is dat God lewe gee, lewe wat ook ewig is. Jesus het nie gekom om ons te leer hoe om te sterwe nie, maar hoe om te leef – sodat ons ook in vrede kan sterf. Die goeie nuus is dat in Christus die mens weer tot sy oorspronklike bedoeling herstel word. Evangelisasie kan nie geskei word van die worsteling om geregtigheid* nie. In navolging van Christus word gelo­wiges “goeie nuus-mense”: gewillig om met empatie te luister en verbind om te doen wat die situasie van die mense na wie ons luister, ook al vra

Sidebar