FELIKS, MARKUS ANTONIUS

FELIKS, MARKUS ANTONIUS was ’n Romeinse prokurator (Kyk by: Romeinse Ryk) van Judea*, 52–59/60 nC. Hy was ’n vrygelate slaaf* van die huishouding van keiser* Claudius*, 41–54 nC. Feliks se broer, Pallas, is deur Claudius se ma, Antonia, vrygelaat. Dit was waarskynlik ook met Feliks die geval. Pallas was ’n invloedryke vertroueling van Claudius, en hy het Claudius oorreed om Feliks in Judea aan te stel.

Feliks het uitgeblink in wreedheid, slinksheid en wispelturigheid. As prokurator tree hy op teen misdadige elemente, maar handel self ook krimineel deur die Joodse hoëpriester*, Jonatan, te vermoor met die hulp van Joodse verregses, die Selote*.

In die Nuwe Testament* leer ons Feliks ken tydens Paulus* se verhoor in Sesarea* (Hand 23:23–24:27). Feliks was toe getroud met ’n Jodin, Drusilla*, dogter van koning Herodes*2 Agrippa I. Feliks was reeds be­kend met die evangelie* van Jesus*, maar deins terug vir die konsekwensies daarvan toe Paulus met hom praat oor selfbeheer­sing en die komende oordeel. Sy korrupte karakter blyk ook uit die feit dat hy gehoop het dat Paulus hom geld sou aanbied vir sy loslating. Feliks is deur keiser Nero* van sy amp onthef en vervang met Porcius Festus*.

HC van Zyl

was ’n Romeinse prokurator (Kyk by: Romeinse Ryk) van Judea*, 52–59/60 nC. Hy was ’n vrygelate slaaf* van die huishouding van keiser* Claudius*, 41–54 nC. Feliks se broer, Pallas, is deur Claudius se ma, Antonia, vrygelaat. Dit was waarskynlik ook met Feliks die geval. Pallas was ’n invloedryke vertroueling van Claudius, en hy het Claudius oorreed om Feliks in Judea aan te stel.

Sidebar