FENIKS

FENIKS kom in twee verbande voor:

  1. ‑Van foiniks (Grieks*) wat “purperkleurig” beteken. Dis ’n mitiese, purperkleurige voël. Die Egiptenaars (Kyk by: Egipte) het hom beskou as die siel van Ra* (die songod), wat hom elke 500 jaar op ’n nes van geurige takke verbrand, waarna hy weer jonk uit sy as verrys. Later is hy gesien as sinnebeeld van die lewe* wat deur die dood* heen vernuwe word. Dit is in die 2de eeu nC op Christus* oorgedra. Deur die Fisiologus, ’n boek wat natuurverskynsels verklaar, het dit in die Middeleeuse kuns verbreid voorgekom. Sedertdien is die feniks die sinnebeeld van Christus se dood en opstanding*, van ewigheid* en onsterflikheid*.
  2. ‑’n Beskutte hawe aan die suidkus van Kreta* waar die Romeinse offisier Julius* met sy gevangene, Paulus*, wou oorwinter. Deur ’n kragtige noordoostelike stormwind kon hulle Feniks egter nie bereik nie (Hand 27:13-44). Teenswoordig heet dié hawe Lutro.

 

Sidebar