FILADELFIA

FILADELFIA in Lidië lê in die weste van Klein-Asië* in die provinsie Asië* (Kyk by: Romeinse Ryk) aan ’n sytak van die Her­musrivier. In hierdie gebied het Paulus* en sy volgelinge nie sendingwerk gedoen nie. Die stad is in die begin van die 2de eeu vC gestig en was sedert 133 vC onder Romein­se bestuur. Die gemeente* is deur Chris­tene* uit Efese* gestig. Die sesde sendskrywe in Op 3:7-13 is aan die Christelike ge­meente aldaar gerig, en sommige uitleggers sien verwysings na gebeurtenisse in die stad se geskiedenis in die brief. Op pad na sy lydensdood in Rome*, reis Ignatius*, biskop* van Antiogië*, in 107 nC deur Fila­defia en skryf daarna ’n brief aan die ge­meente. Die Martyrium van Polykarpus* noem elf martelare uit Filadelfia wat saam met Polykarpus veroordeel is. Later het die Montaniste* sterk ondersteuning in die stad gehad.

Sidebar