FOUNDATION MINISTRIES

FOUNDATION MINISTRIES, met sy hoof­kantoor in Gonubie, vlakby Oos-Lon­den in die Oos-Kaap, het sy ontstaan in 1974 gehad en is evangelies (Kyk by: Spiritualiteitsmodelle: Evangeliese spiritualiteit) in hulle fokus. Hulle stigter is Derek Crump­ton. Hulle het ’n lidmaattal van ongeveer 3 000 lidmate (2014). Hulle bedienings omvat onder andere teologiese opleiding, ’n uitgewery en boekwinkels, konferensie- en kampgeriewe asook kinderhuise.

 

Sidebar