FRELINGHUYSEN, THEODORE JA­CO­BUS

FRELINGHUYSEN, THEODORE JA­CO­BUS (1691–1747) het ’n belangrike rol gespeel in die oorvloei van die sg gereformeerde* piëtisme* uit Nederland na Noord-Amerika. In baie opsigte het hierdie proses interessante parallelle met die oorvloei van gereformeerde piëtisme uit Nederland na Suid-Afrika gehad. In 1622 het die Nederlanders, as deel van die vroeë Europese vestigings op die Noord-Ameri­kaanse kontinent, hulle in die gebied rond­om die huidige New Yorkstad en New Jerseystaat gevestig. Hulle het na hierdie stad en staat verwys as Nieu-Amsterdam en die New Colonies. Voordat Frelinghuysen predikant* in die New Jersey-gebied in Noord-Amerika geword het, was hy predikant in Nederland. In die New Jersey-konteks was hy in noue kontak met Gilbert Tennent wat saam met hom te midde van sterk ortodokse* invloede, geestelike herlewing aangemoedig het. Voordat hy in 1747 te sterwe gekom het, het hy die eerste ringsvergadering van die gereformeerde kerke in die sg New Colonies georganiseer.

Sidebar