FRIEDENHEIM

FRIEDENHEIM het sy oorsprong in ’n Bybelklas gehad wat Abbie Ferguson* in 1888 in die Hugenote-seminarie* op Wellington begin het. Die werk is in 1900 aan die sorg van Caroline Waite, afkomstig van die Moody-instituut in Chicago, toevertrou.

In 1904 is ’n gebou gehuur en het onge­veer 20 dames met hulle opleiding in die Dorkashuis begin. Die huis is later aange­koop en “Friedenheim” genoem.

Studente het ’n tweejarige Bybelstudie­kursus gevolg voordat hulle uitgegaan het om te werk. Naas die geestelike toerusting is daar ook opleiding gebied in praktiese vak­ke soos verpleging, moederkunde, kook­kuns en huishoudkunde. Die instel­ling het in ’n stadium selfs oor ’n apteek beskik waar behoeftige mense gratis be­handeling vir kwale kon ontvang. Metter­tyd is, op versoek van die NG Kerk*, ’n meer weten­skaplik-gefundeerde kursus vir kerklik-maatskaplike en sending*werkers inge­stel. Uiteindelik, in die laat 1940’s, is Friedenheim ingeskakel by die toe nuutsaamgestelde Hugenote Kollege*. Dié kollege het nog altyd ’n koshuis met die naam Friedenheim op Wellington.

Sidebar