FUTUROLOGIE

FUTUROLOGIE is die leer oor die toe­koms. Dit behels nie ongegronde spekulasies nie, maar is geïnteresseerd in die moontlike, waarskynlike en gewenste (normatiewe) scenario’s wat, op basis van patrone wat vasstelbaar is in die hede, vir die toekoms ontwerp kan word. Die toekoms is altyd ’n verlengstuk van die hede; kennis van die toekoms begin dus by kennis van die hede. Dis ’n ondersoekveld waarby ’n groot aantal dissiplines betrokke is. Futurologie dring daarop aan dat daar nie net een toekoms moontlik is nie, maar dat daar verskillende “toekomste” (“futures”) is, afhangende van besluite wat in die hede geneem word.

Vir verdere lees: http://en.wikipedia.org/ wiki/Futurology                    

Sidebar