GAD

GAD was ’n seun van Jakob* en Silpa, Lea* se slavin (Gen 30:11). Lea het aan hom die naam Gad gegee en gesê: “Nou is ek gelukkig!” Die gebied wat later toegeken is aan die stam van Gad was aan die ooste­kant van die Jordaan*, ’n gebied wat baie vrugbaar was (Deut 3:12). Die stam van Gad was baie wreedaardig en veglustig (1 Kron 12:8; 5:19-22).

Sidebar