GAFSA SE MARTELAARS

GAFSA SE MARTELAARS (484). Augus­tinus* het verskeie kloosters* in Noord-Afrika gestig waar sy ideale van ’n kloos­tergemeenskap uitgeleef is. Slegs 34 jaar ná Augustinus se dood, in 484, het koning Hunmeriek ’n dekreet uitgevaardig dat alle kloosters moet sluit en die monnike* en nonne* aan die More oorhandig moet word. Sewe monnike van die klooster in Gafsa in Tunisië is gearresteer. Hulle is

hardhandig na Kartago toe geneem. ’n Aansienlike beloning is vir hulle aangebied as hulle bereid is om Christus* en hulle lewenstyl te verloën. Toe hulle weier om dit te doen, is hulle in die tronk gegooi. Aanvanklik het die Christene* in Kartago die tronkbewaar­ders omgekoop om die sewe broers in hulle haglike omstandighede te ondersteun. Toe die koning daarvan hoor, het hy beveel dat die broers dadelik verbrand moet word.

Die koning se soldate het besondere moei­te gedoen om die jongste monnik, Mak­si­mus, oor te haal om die dood vry te spring deur Jesus* te verloën. Maar hy wou dit nie doen nie.

Die soldate het bondels droë hout en takke om die sewe vasgemaak en hulle op ’n ou bootjie gesit. Hoe hard die nonne* aan die More oorhandig moet word. Sewe monnike van die klooster in Gafsa in Tunisië is gearresteer. Hulle is soldate ook al probeer het, die hout wou nie brand nie. Die koning het hom vererg en gelas dat die sewe geslaan moet word totdat hulle dood is.

 

Sidebar