GAMALIËL

GAMALIËL. Twee persone is onder hierdie naam bekend.

  1. ‑In die Ou Testament* lees ons van Gamaliël, die seun van Pedasur, wat uit die volksvergadering aangewys is as stamhoof van die nageslag van Manasse* (Num 1:10, 16; 2:20; 10:23). Hy help vir Moses* en Aäron* met die sensus in die Sinaiwoestyn (Num 1:17-19).
  2. ‑Meer bekend is die Nuwe Testament* se Gamaliël, “die Oudste” (oorlede 50 nC). Hy is die seun van Simon en kleinseun van die groot rabbi* Hillel* – wat die libe­rale vleuel van die Fariseërs* verteen­woordig teenoor die rigting van Sjam­mai*. Hy behoort tot die Jood*se Raad, die Sanhedrin*, en is voorsitter daarvan tydens die regerings van Tiberius*, Kali­gula en Claudius*. As kenner van die Joodse wet* is hy die eerste wat die titel “rabban” (“ons meester”) ontvang, eerder as die gewone titel “rabbi” (“my mees­ter”). Wanneer die apostels* die doodstraf in die gesig staar weens hulle voortgesette lering in Jesus* se Naam, maan Gamaliël die Sanhedrin tot versigtigheid in hulle optrede teen die apostels* (Hand 5:33-40). Weens sy hoë aansien gee die Sanhedrin toe, laat die apostels slaan, en laat hulle dan vry. Gamaliël is Paulus* se leermeester (Hand 22:3).
Sidebar